Met die viering van hierdie Herdenking het ons deur middel van hierdie Begroting hulpbronne toegewys op 'n manier wat die breë mikpunte van die Handves verder sal bevorder en die vorderings verdiep, wat ons tot dusver gemaak het met die uitbreiding van toegang tot 'n beter lewe.
Ons het sedert 1994 daarin geslaag om 'n soliede fondament te vestig, waarop ons vorentoe kan beweeg in die rigting van ons strategiese mikpunte. Die resultate van ons werk begin sigbaar word, met groter toegang tot maatskaplike dienste, verbeterde dienslewering en 'n groeiende ekonomie. Ons slaag daarin om 'n beter samelewing te bou wat gegrond is op gelykheid en waardigheid vir almal.
Ons prioriteite vir die huidige regeringstermyn is:
Vinniger ekonomiese groei en werkskepping word moontlik gemaak
Bestryding van misdaad en die vestiging van veilige, beveiligde en volhoubare gemeenskappe.
Ontwikkeling van gesonde, vaardige en produktiewe mense
Verdieping van demokrasie en nasiebou en die verwesenliking van die grondwetlike regte van ons mense
Die bou van 'n doeltreffende en empatiese regering
Hierdie begroting sit uiteen presies hoe hierdie prioriteite bereik sal word deur die onderskeie programme en projekte van die Gautengse Provinsiale Regering gedurende die volgende drie finansiële jare.
Die Gautengse Groei- en Ontwikkelingstrategie is in lyn met ons verbintenis om by te dra tot die nasionale mikpunt om armoede en werkloosheid te halveer deur volgehoue en hoër vlakke van ekonomiese groei na te streef. Ons sal ons ook toespits op die uitdagings van die tweede ekonomie, die deel van ons ekonomie wat gekenmerk word deur hoë vlakke van werkloosheid, gebrek aan vaardighede en algemene onderontwikkeling.
Maatskaplike dienste beloop 81% van die totale besteding en dit weerspieël ons verbintenis tot die lewering van maatskaplike dienste van gehalte aan alle burgers van Gauteng. Ons het ook hulp-bronne toegewys aan infrastrukturele projekte en provinsiale inisiatiewe wat ekonomiese groei stim-uleer, werk skep en bydra tot die stryd teen armoede.
Ek vertrou dat u hierdie dokument nuttig sal vind as 'n bydrae tot begrip en ontleding van die
Waarom het ons 'n begroting nodig?
Begroting is 'n uiteensetting van die wyse waarop beskikbare fondse aangewend sal word. Die begroting stel ons in staat om só te spandeer dat ons die doelwitte bereik wat ons vir onsself gestel het.
Ons het 'n plig om die publiek ingelig te hou oor die regering se bedrywighede en hoe die geld bestee word.
n Begroting gee ons ook 'n bestedingsplan waarteen die regering se prestasie gemeet en uitgawes gekontroleer kan word.
Wat is die Uitvoerende Raad van die Gautengse Provinsiale Regering se prioriteite, sleutelaksies en programme?
Sneller ekonomiese groei en werkskepping
Sleutelaksies en programme
Daarstelling en ondersteuning van en belegging in:
Strategiese ekonomiese infrastruktuur waaronder die Gautrain-snelstrein, die Innoveringsmiddelpunt en die Nywerheidspark by die Johannesburgse Internasionale Lughawe
Arbeidsintensiewe en waardetoevoegingsektore en 'n groter kennisekonomie; en
Geteikende gebiede wat tot breë ekonomiese groei en die provinsie se ekonomiese ontwikkeling kan bydra
Promosie van Gauteng as voorkeurbestemming van beleggers, toeriste, sakelui en sportlui
Breër welvaart deur steun aan swart ekonomiese bemagtiging (SEB), ontwikkeling van klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO) asook koöperasies, die skepping van geleenthede vir selfindiensneming en 'n bydrae tot mikrofinansiering van veral vroue en jongmense
Vervulling van 'n strategiese rol as verkryger van goedere en dienste
Optimale benutting van landbougrond en groter steun aan swart boere
Bekamping van armoede en die bevordering van sterk, volhoubare gemeenskappe
Sleutelaksies en programme
Instelling van 'n omvattende, gekonsolideerde infrastruktuurprogram vir die gestroomlynde en opeenvolgende lewering van openbare bates Hierdie program sal verseker dat:
Nuwe nedersettings voorsien word van openbare geriewe nog voordat of sou gou nadat mense in die nuwe huise ingetrek het
Openbare bates hernu word namate die gemeenskap verander. Skole in ouerwordende gemeenskappe kan byvoorbeeld in gemeenskapsentrums omskep word
Regeringsbeleggings toegespits word op openbare ruimtes of vervoerversamelpunte
Kontrakte toegeken word aan plaaslike klein en opkomende entrepreneurs en dat arbeid optimaal in konstruksie en instandhouding benut word
Openbare bates in stand gehou en ten volle benut word n Uitgebreide program vir openbare werke in Gauteng geïmplementeer word en dat bestaande programme vir openbare werke gekonsolideer word
Wat is die Uitvoerende Raad van die Gautengse Provinsiale Regering se prioriteite, sleutelaksies en programme?
Basiese dienste soos 'n sekere hoeveelheid gratis water en elektrisiteit aan almal gelewer word
Verdigting van 'n groot verskeidenheid behuising op goed geleë eiendom, gerig op verskeie markte
Formalisering van informele nedersettings op veilige, bewoonbare en toepaslik toegewysde grond
Stedelike hernuwing
Bevordering en verskaffing van plaaslike ekonomiese ontwikkelingsondernemings
Ontwikkeling en implementering van 'n omvattende openbare vervoerbestuurstrategie
Skep van 'n veilige en gesonde omgewing
Samewerking met gemeenskappe en die polisie om veilige strate, wonings, werkplekke en skole te verseker, veral vir vroue en kinders
Versekering van veiligheid op Gautengse paaie deur doeltreffende verkeersbestuur
Ontwikkeling van gesonde, vaardige en produktiewe mense
Sleutelaksies en programme
Bevordering van voldoende voeding en 'n gesonde lewenstyl
Voorkoming- en behandelingprogramme om swak gesondheid en dood te voorkom
Groter belegging in ons jongste burgers deur verbeterde jongkinderontwikkelingsdienste
Konsolidering en versterking van die openbare skoolstelsel
Uitbou van vaardighede van veral jong mense deur belegging in voortgesette onderwys en opleiding en die aanmoediging van leerlingskappe
Versekering van lewenslange leer soos die bevordering van basiese volwassene-onderwys en -opleiding
Die saamkoppel van nywerheid, hoëronderwysinstellings, vaardigheidsliggame en alle vlakke van die regering om 'n balans van vaardigheidsvraag en -aanbod te verseker, veral met betrekking tot vaardighede wat in 'n groeiende ekonomie benodig word
Wat is die Uitvoerende Raad van die Gautengse Provinsiale Regering se prioriteite, sleutelaksies en programme?
Voortgesette verskansing van demokrasie en die bevordering van grondwetlike regte
Sleutelaksies en programme
Maatskaplike misdaadvoorkoming deur aandag te skenk aan die oorsaak van misdaad en geweld teen veral vroue en kinders
Jeugontwikkeling deur geleenthede vir jongmense wat aan die ekonomie deelneem
Vrouebemagtiging deur alle staatsprogramme wat struikelblokke vir gelyke deelname aan die ekonomie en gemeenskap uit die weg ruim
Volgehoue nasiebou en maatskaplike kohesie deur middel van programme vir kuns, kultuur, sport en ontspanning
Sportontwikkeling ten einde 'n gesonde en aktiewe lewenstyl te bevorder vir nasiebou en jeugontwikkeling
Bevordering van openbare deelname en aanspreeklikheid
Konsolidering van demokratiese deelname in alle bestuursvorme
Daarstelling van 'n doeltreffende regering
Sleutelaksies en programme
Verskaffing van goeie openbare dienste aan alle burgers
Verbetering van die kapasiteit van openbare dienste
Groter toeganklikheid van die staat deur
Versekering van toeganklike inligting oor openbare dienste
Verbetering van kommunikasie met ons mense
Gebruik van staatsmiddele op vindingryke wyse om maksimum impak te verseker
Implementering van ons teenkorrupsie strategie en geen genade teenoor korrupsie en bedrog
Werk met plaaslike regering saam om die transformasieproses te steun
Vanuit watter bronne word fondse verkry?
Nasionale toewysing Billikheidsaandele & Voorwaardelike toelaes
R32,045 miljard (95%)
Ander regstreekse kostes
R36,5 miljoen
Provinsiale inkomste = R1,514 miljard (5%) Netto inkomste = R33,523 miljard
TOTALE BRUTO INKOMSTE
R33,559 miljard
Bronne van provinsiale inkomste
Belasting op dobbelary en weddenskappe
R372,6 miljoen (24,6%)
R167,3 miljoen
Ander bronne
R230,4 miljoen
Hoe word fondse onderling aangewend?
Uiteensetting volgens funksies
Gesondheid
R9,258 miljard
Onderwys Departmente van= R10,360 miljard Maatskaplike(31%) Ontwikkeling = R7,541 miljard(22,6%)
R33,408 miljard
Openbare Vervoer, Ander Paaie en Werke = R3,155 miljard = R1,446 miljard Behuising (9,5%)
,3% = R1,648 miljard
Vir watter doel word fondse aangewend?
Uiteensetting volgens ekonomiese klassifikasie
Lopende betalings
R20,246 miljard (60,6%)
Oordragte en subsidies
R11,707 miljard (35%)
Betalings vir kapitaalbates
R1,455 miljard (4,4%)
Lopende besteding insluitende oordragte
Vergoeding van werknemers
R14,636 miljard (48,8%)
Goedere en dienste
BEGROTING = R33,408 miljard Lopende oordragte en subsidies
R7,999 miljard (23,9%)
Betalings wat kapitaalbates insluit = R5,199 miljard (15,6%)
Personeel besteding
Gesondheid
R4,865 miljard (33,4%)
Onderwys Departmente van = R8,289 miljard Maatskaplike (55,6%) Ontwikkeling = R317,6 miljoen (2,2%)
PERSONEEL BEGROTING
R14,636 miljard
Openbare Vervoer, Ander Paaie en Werke = R760,4 miljoen = R322,7 miljoen Behuising (5,2%) (2,2%) = R81,8 miljoen (0,6%)
Kapitaaltoewysing volgens departemente
Onderwys
Finansies
R342 miljoen
R1,191 miljard (8,2%)
Ander
Openbare Vervoer,
Paaie en Werke= R643 miljoen
Behuising (1%)
,4% = R1,520 miljard36,3%
Spesiale Projekte
Groei- en Ontwikkelingstrategie = R250 miljoen (15,1%)
R1,656 miljard
R20 miljoen (1,2%)
Waar het ons ons besteding verhoog?
Hoeveel ons verlede jaar bestee het (2004/05) miljard Hoeveel beplan ons om vanjaar te bestee (2005/06) miljard Met hoeveel ons besteding toe-/ (af)geneem het %
Onderwys 10,027 10,360 3%
Gesondheid 8,943 8,258 4%
Finansies en Ekonomiese Sake 1,179 1,285 43%
Behuising 1,440 1,648 14%
Ander 3,179 2,915 (18%)
TOTAAL 31,207 33,408 7%
NOTAS
